Hoe ervaar honde vuurwerke?
Die klank van vuurwerke is baie meer intens vir troeteldiere as vir die mens en daarom ook baie meer stresvol. Behalwe vir die klank is die reuk van die vuurwerke ook nie ‘n aangename ervaring vir veral honde nie. Die onverwagste plofgeluid van die vuurwerke veroorsaak hartkloppings en verhoogte adrenalien en stresvlakke wat soms veroorsaak …

Die klank van vuurwerke is baie meer intens vir troeteldiere as vir die mens en daarom ook baie meer stresvol. Behalwe vir die klank is die reuk van die vuurwerke ook nie ‘n aangename ervaring vir veral honde nie.
Die onverwagste plofgeluid van die vuurwerke veroorsaak hartkloppings en verhoogte adrenalien en stresvlakke wat soms veroorsaak dat troetldiere eevoudig op die vlug slaan.
Tydens die vuurwerke ervaar diere nie dieselfde emosies as wat hulle byvoorbeeld tydens ‘n donderstorm ervaar nie. ‘n Donderstorm is ‘n natuurlike verskynsel en kom met waarskuwings vir hulle, soos drukking en winde (honde kan dit aanvoel). Omdat vuurwerke skielik en sonder waarskuwing gebeur, word diere onkant betrap wat hulle baie bang maak.
Mense kan ook wonder hoekom is daar dan sommige honde wat nie bang is vir vuurwerke nie. Die antwoord is eenvoudig. Net soos daar mense is wat vir sekere dinge in die lewe banger is as ander, is daar sekere honde wat vir sekere goed banger is. Dit kan dalk wees omdat hul net soos sommige mense, rustiger van natuur is, of dalk net beter verstaan dat vuurwerke nie gevaar vir hulle inhou nie.
Maar as jou hond bang is, is dit beter om hom te beskerm. Skep vir hom ‘n area waar hy veilig sal voel wanneer daar vuurwerke is. Gee dalk vir hom ‘n speelding om sy aandag te probeer aftrek, hou die vensters en deure toe en speel harde musiek of sit die televisie harder.
Help hom om bietjie gelukkiger te voel tydens die vuurwerkvertoning deur hom iets lekkers te gee om te eet. Dit sal dalk in die toekoms help dat hy die lawaai met die genot van die lekkerny assosieer.
‘n Kalmerende baadjie of “calming wrap” kan ook help. Die belangrikste is egter om self kalm te bly en nie met jou hond te raas as hy paniekbevange raak nie. Praat met jou diere en aan jou kalmte sal hulle verstaan dat daar nie ‘n gevaar is nie.




