Hoera op 60 gelukkige huweliksjare!
Vandag 2 Januarie, presies 60 jaar terug is Rudi en Margie Badenhorst van Drie Riviere in Vereeniging met mekaar getroud. Dit is voorwaar ‘n mylpaal wat min egpare beskore is. Om liefde aan mekaar te gee ten alle tye, mekaar te eer en te respekteer en ‘n gesonde leefwyse en toegewydheid aan die Here is hulle …
Vandag 2 Januarie, presies 60 jaar terug is Rudi en Margie Badenhorst van Drie Riviere in Vereeniging met mekaar getroud. Dit is voorwaar ‘n mylpaal wat min egpare beskore is.
Om liefde aan mekaar te gee ten alle tye, mekaar te eer en te respekteer en ‘n gesonde leefwyse en toegewydheid aan die Here is hulle wenresep, vertel die egpaar.
Rudi is in 1935 in Pretoria gebore en Margie in 1939 in Vereeniging. Hulle paaie het by Margie se tante wat in Westdene gewoon het gekruis en die koeel was deur die kerk. Hulle is in 1960 in die AGS Kerk, Westdene getroud.
Margie wat voorheen by ‘n bank gewerk het, het daarna huisvrou geword en deur die jare wat gevolg het voltydse ma van vier dogters. Rudi was eers ‘n verkope klerk by SKF, maar het later sy Teologiese Diploma verwerf en het in 1965 sy eerste gemeente in Usakos begin met sy bediening. Margie het hom daarna voltyds in sy loopbaan as Pastoor ondersteun by verskeie gemeentes soos Beaufort-Wes, Frankfort, Barberton, Lichtenburg, Komatipoort, Witbank, Pinksteroord-Jhb om ‘n paar te noem.
Weens die verskeie plekke waar hulle bedien het, is hulle dogters op verskeie dorpe regoor die land gebore: Anita Hamman (1963 gebore in Johannesburg); Linda Esterhuysen (1966 gebore in Windhoek); Estelle Vogel (1968 gebore Beaufort-Wes) en Rulien van Dyk (1975 gebore in Odendaalsrus).
Ouma en oupa spog nou mes ses kleinkinders waarop hulle baie trots is (Rufus Vermaak, Remardo Hamman, Estian Vogel, Arno Esterhuysen, Melista van Dyk en Suné van Dyk). Hulle eeste agter kleinkind sal na verwagting in April gebore word.
Deur die jare was blokkiesraaisel een van hul mees geliefde stokperdjies. Margie maak ook graag self spesiale verjaardagkaartjies en word geprys vir die lekker vetkoek wat sy kan bak. Albei is ook lief vir die natuur en stap graag.
Op 80 en 84 is albei nog baie gesondheid en bestuur Rudi nog self sy motor. Dit wil gedoen wees! Baie geluk van Vaalweekblad se kant ook. Ons is sommer baie trots om oor so ‘n hoogtepunt te kan berig.




