Meer kieme in jou baard as op Rufus
As jy dalk die afgelope paar jaar pronk met ‘n weelderige baard, is dit dalk nou die tyd om dit deel van jou 2020 nuwejaarsvoorneme te maak en dit af te skeer … want ‘n nuwe studie toon dat daar meer kieme in jou baard is as op ‘n hond se pels. Navorsers in Switserland …

As jy dalk die afgelope paar jaar pronk met ‘n weelderige baard, is dit dalk nou die tyd om dit deel van jou 2020 nuwejaarsvoorneme te maak en dit af te skeer … want ‘n nuwe studie toon dat daar meer kieme in jou baard is as op ‘n hond se pels.
Navorsers in Switserland se Hirslanden-kliniek is vir hierdie slegte nuus te danke, want vele vroue en en voorheen “vrygewige vryers”gaan dalk nou twee keer daaroor dink voor hulle deur daardie weelderige baard ploeg om ‘n lekker natte te plant.
Die navorsers het eintlik die toetse gedoen om te bepaal of dit higienies sou wees om honde in dieselfde MRI-masjiene as mense toe te laat en daar het julle dit. Geen wonder party vroue is liewer vir hul honde as hul mans nie … hulle is dan veiliger om te soen.



