NewsNewsBreaking News

Rover pas goed aan by nuwe familie

Rover, die hondjie wie se linker agterbeentjie in Desember wreed deur sy 17-jarige eienaar gebreek en uiteindelik geamputeer moes word, is nou weer ‘n gelukkige hondjie in sy nuwe liefdevolle tuiste. Rover se verhaal het regoor die land opslae gemaak toe die Bloemfontein DBV-inspekteurs op Sondagaand 15 Desember op die histeries-huilende, bloeiende hondjie in Bayswater …

Rover, die hondjie wie se linker agterbeentjie in Desember wreed deur sy 17-jarige eienaar gebreek en uiteindelik geamputeer moes word, is nou weer ‘n gelukkige hondjie in sy nuwe liefdevolle tuiste.

Rover se verhaal het regoor die land opslae gemaak toe die Bloemfontein DBV-inspekteurs op Sondagaand 15 Desember op die histeries-huilende, bloeiende hondjie in Bayswater aan die noorde van Bloemfontein afgekom het. Die tiener wou glo wys hoe sterk hy is en het Rover op sy skoot vasgedruk en sy beentjie gebreek. Die DBV het ‘n saak teen die tiener aanhangig gemaak, maar die tiener het op die vlug geslaan en nie vir sy hofverskyning opgedaag nie.

Intussen het Rover se lang pad na herstel begin. Hy het nie net ‘n nuwe familie wat hom met liefdie oorval nie, hy het ook twee honde maters waarmee hy lekker kan speel. Meer as 300 aansoeke om Rover aan te neem is ontvang, maar uiteindelik is daar op die Victor-gesin van Pellissier besluit. Victor, sy vrou Odette en hul seuns Johnde (21) en Marno (15), asook hul twee ander honde (Slowey en Dexter) is nou Rover se nuwe familie. Rover en Slowey is reeds glo onafskeidbaar en speel en hardloop oral saam.

Rover slaap saans in sy eie mandjie voor Victor en Odette se bed. Maar voor slaaptyd is dit glo eers lekker speeltyd vir hom en Slowey op die bed.

Die belangrikste is dat Rover goed oor die weg kom op sy oorblywende drie beentjies, en ‘n gelukkige hondjie is wat baie liefde en sorg kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button