NewsNews

‘Mickey Mouse-dief’ gesoek na inbraak by spreekkamer

Foto: Dr. Marika van Lelyveld, by wie se Vereenigingse spreekkamer daar op Oujaarsdag ingebreek is. Hier kan gesien word hoe die inbreker op sy maag deur haar spreekkamer seil in die hoop dat hy nie die alarm sal aktiveer nie.

 

VEREENIGING. – ‘n Inbreker met ‘n Mickey Mouse-tatoeëring op sy rug, het besluit om die ou jaar (31 Desember 2019) op ‘n hoë noot af te sluit deur by dr. Marika van Lelyveld se praktyk, Vaal Triangle Aesthetics in Golfweg, Vereeniging, in te breek en stilweg te verkas. Wat dié man egter nie geweet het nie, was dat al sy onderduimse bedrywighede op die sekuriteitstelsel se geslotekring-televisie vasgelê is.
Op die video kan gesien word hoe die man die spreekkamer soos ‘n slang binneseil en rustig van laai tot laai beweeg en deur die inhoud gaan. Hy kyk ‘n paar keer boontoe, vermoedelik om vas te stel of daar ‘n sekuriteitskamera is. Daarna beweeg hy na die ander kant van die vertrek, maak laaie oop, druk artikels in sy broeksakke en staan uiteindelik op om by ‘n ander deur in die spreekkamer in te gaan. Dis net hier waar hy sy fout begaan het, want daarmee is die alarm geaktiveer. ‘n Mens sien dan hoe hy vir oulaas ‘n paar artikels en sakke gryp en vinnig spore maak.
Die skuldige is steeds op vrye voet. Dr. Van Lelyveld en die polisie hoop dat hulle deur middel van die video kan kontak maak met iemand wat die skuldige herken.
Dit is in hierdie stadium onbekend of die dief net op soek was na waardevolle artikels en geld, of gehoop het dat hy medikasie of hoëskedule middels in die hande sou kon kry.Enigiemand met inligting oor die voorval of oor die dief se identiteit kan die spreekkamer skakel by (016) 454 9043 of stuur ‘n e-pos na mvanlelyveld@lantic.net.

Volg dié skakel om na die video te kyk:

https://www.facebook.com/mvanlelyveldprac/videos/469233803705247/?type=3

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button