Bejaarde dood aan hart, nie doodgeskok!
Vaalweekblad het gister inligting van ER24 ontvang oor ‘n bejaarde man van Vereeniging, wat omstreeks 08:00 dood in sy tuin aangetref is. Hy was met ‘n grassnywer werksaam en kort na die nooddienspersoneel op die ongelukstoneel opgedaag het, het hulle vermoed dat hy moontlik doodgeskok kon gewees het. Dit het intussen egter aan die lig …

Vaalweekblad het gister inligting van ER24 ontvang oor ‘n bejaarde man van Vereeniging, wat omstreeks 08:00 dood in sy tuin aangetref is. Hy was met ‘n grassnywer werksaam en kort na die nooddienspersoneel op die ongelukstoneel opgedaag het, het hulle vermoed dat hy moontlik doodgeskok kon gewees het. Dit het intussen egter aan die lig gekom dat sy hart waarskynlik die oorsaak van sy dood was.
Die 82-jarige oorledene se kleindogter, Rhilinde van der Walt, het Vaalweekblad vandag gekontak en meer inligting rondom sy dood verskaf.
‘n Volledige berig sal later verskyn sodra al die nodige inligting ontvang is. Vaalweekblad se innige simpatie aan sy familie en geliefdes.



