Local newsNewsNewsBreaking News

Is daar ouers wat probleme met plasing van leerlinge ondervind?

Die VF Plus in Gauteng nooi alle ouers wat probleme ondervind met die plasing van leerlinge in openbare skole om die party dadelik te kontak om hulp. Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het erken dat die departement van onderwys steeds onsuksesvol is om ‘n groot aantal leerlinge te plaas.  Lesufi skryf die …

Die VF Plus in Gauteng nooi alle ouers wat probleme ondervind met die plasing van leerlinge in openbare skole om die party dadelik te kontak om hulp.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het erken dat die departement van onderwys steeds onsuksesvol is om ‘n groot aantal leerlinge te plaas.  Lesufi skryf die probleme toe aan laat registrasies en onvolledige aansoeke, maar die VF Plus lê baie van die plasingsprobleme voor die deur van die departement se aanlyn-plasingstelsel.

Probleme wat ondervind word, is die skeiding van sibbe, selfs tweelinge, in verskillende skole en die plasing van leerlinge in skole met ‘n onderrigtaal wat hulle nie verstaan nie. Die VF Plus het Lesufi derhalwe aangeraai om onmiddellik die aanlyn-plasingstelsel af te skaf en terug te keer na die stelsel waar ouers self by skole aansoek doen vir die plasing van leerlinge.

Die kanse dat plasings- en toelatingsprobleme ook tydens die eerste paar skooldae gaan plaasvind, is dus baie goed. Die party is ook bekommerd dat gevaarlike situasies by skole mag ontwikkel weens politiekery soos tydens die optogte teen die Hoërskool Overvaal en doen ‘n beroep op ouers en skole om die party ook hiervan in kennis te stel vir dringende beskermende optrede waar nodig.

Ouers en skole wat dringend hulp nodig het, kan die VF Plus se provinsiale kantoor by 012-7724410 skakel of ‘n epos stuur aan: help@vfplus.org.za.  Klagtes kan ook aangemeld word op die Gautengse Facebook-blad van die VF Plus: https://m.facebook.com/VFplusGP.

Indien ‘n klag handel oor toelating of plasing by ‘n skool, onthou om die volgende inligting te verstrek: Die inskrywingsnommer van die leerling, die betrokke skooldistrik en die betrokke skool se naam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button