NewsNews

Sirkuspret net die regte medisyne vir pasiënte

MEYERTON. - Sowat 84 pasiënte van die Tabita Versorgingsoord by Helenasrus buite Vereeniging, is op Woensdag 8 Januarie met ’n besoek aan die McLaren- Sirkus in Meyerton bederf.

Dit was talle van die pasiënte se heel eerste besoek aan ’n regte sirkus. Hul verpleegpersoneel het ook die uitstappie meegemaak. Die versorgingsoord
is ’n nie-winsgewende organisasie wat spesifiek pasiënte met psigiatriese probleme (soos bipolêre gemoedsteuring, demensie, grenslynpersoonlikheidsversteuring, depressie, skisofrenie en talle ander geestesversteurings) behandel en rehabiliteer.

Klein maar getrain. Mej. Sheila van Zimbabwe en haar poedel Kimmy. Foto: verskaf

Plaaslike ondernemings het gehelp met busvervoer na die sirkus en terug na die sentrum. Pasiënte is ook op verversings en drinkgoed getrakteer tydens die besoek.
Volgens Daleen Venter, ’n maatskaplike werker by die sentrum, was dit nie alleenlik ’n interessante ervaring vir die pasiënte nie, maar was daar ook baie lesse om uit elkeen van die vertonings by die sirkus te leer.
Sy het tydens die besoek temas geïdentifiseer wat sy later tydens interaktiewe groepsessies met pasiënte sal bespreek.
Volgens Arnold Dickson, bestuurder van die McLaren-Sirkus, staan die sirkus graag sitplekke by vertonings toe aan liefdadigheidsorganisasies soos Tabita wanneer hulle dorpe en stede in Suid- Afrika besoek.
Die sirkus wat laasweek in Meyerton, het die naweek in Drie Riviere gedraai en is hierdie week in Centurion.
Die sirkus is in 2005 deur David Mclaren (toe 21) gestig. Dit was ’n jarelange droom van hom om eendag ’n sirkus te hê nadat sy pa hom as vierjarige seun na ’n vertoning van die Boswell Wilkie-sirkus geneem het.
Op 24 Maart 2005 het die McLaren- Sirkus toe hul eerste vertoning in Tokai in Kaapstad gehou met David as ringmeester en sy ouer broer, Duncan, wat as sirkusnar opgetree het. Sedertdien het die sirkus gegroei en toer hulle jaarliks na al nege provinsies van Suid-Afrika.

Mej. Karina, ’n sweefstokkunstenaar van Sao Paulo in Brasilië, wys wat sy kan doen. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button