Local newsNewsNewsBreaking News

Is dit ‘n huis wat daar in die Vaalrivier dryf?

VANDERBIJLPARK. – Inwoners langs die Vaalrivier het vanoggend twee keer gekyk om seker te maak hulle oë bedrieg hulle nie … want wraggies dit is mos ‘n huis wat daar in die rivier af dryf! En hulle was nie verkeerd nie, dit was beslis ‘n huis wat hulle gesien het. Benedetto on Vaal, ‘n plaaslike en baie …

VANDERBIJLPARK. – Inwoners langs die Vaalrivier het vanoggend twee keer gekyk om seker te maak hulle oë bedrieg hulle nie … want wraggies dit is mos ‘n huis wat daar in die rivier af dryf!

En hulle was nie verkeerd nie, dit was beslis ‘n huis wat hulle gesien het. Benedetto on Vaal, ‘n plaaslike en baie gewilde trou venue langs die Vaalrivier, was die rede hiervoor. Hulle het ‘n nuwe boothuis aangeskaf vir die venue en die “groot trek” is vanoggend om 08:00 aangepak.
Die luukse boothuis is in die rivier by Riverside Sun gelaat, waarna die trotse eienaar Gert van Rensburg en geselskap, die rit in die huis tot by Benedetto on Vaal geniet het.

Die reuse-sleepwa wat gebruik is om die boothuis tot by die rivier te vervoer.
Die luukse boothuis kort voor hy sy eerste rit in die Vaalrivier gevat het vanoggend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button