Man neem skelmfoto’s van skoolkinders in Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK. – ‘n Bekommerde ma en inwoner van die dorp wil ander ouers waarsku om ten alle tye paraat te wees waar dit kinders se veiligheid bedref. Wat Denise Roets so bekommer is dat daar gister ‘n man “met dreadlocks” buite die HS Driehoek se skoolterrein opgemerk en gekonfronteer is, na hy glo skelmfoto’s van …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Bekommerde ma en inwoner van die dorp wil ander ouers waarsku om ten alle tye paraat te wees waar dit kinders se veiligheid bedref.
Wat Denise Roets so bekommer is dat daar gister ‘n man “met dreadlocks” buite die HS Driehoek se skoolterrein opgemerk en gekonfronteer is, na hy glo skelmfoto’s van die niksvermoedende skooldogters geneem het. ‘n Ouer het glo die man gevang terwyl hy foto’s met ‘n kamera geneem het.
“Ek wil net graag hê dat ander ouers besef dat daar sulke gevare daarbuite is,” sê Denise.



