Suid-Afrikaners ‘vlug’ na Nieu-Seeland
Volgens die nuuste statistieke hervestig Nieu-Seeland elke jaar 1 000 vlugtelinge deur middel van sy vlugtelingkwotaprogram. Daar is reeds meer as 35 000 vlugtelinge hervestig. Dit blyk ook dat Nieu-Seeland gewild is onder Suid-Afrikanser wat daarheen probeer “vlug”. In 2019 het 9 Suid-Afrikaners aansoek. In totaal het 83 reeds sedert 2010 soontoe probeer “vlug” Almal …

Volgens die nuuste statistieke hervestig Nieu-Seeland elke jaar 1 000 vlugtelinge deur middel van sy vlugtelingkwotaprogram. Daar is reeds meer as 35 000 vlugtelinge hervestig.
Dit blyk ook dat Nieu-Seeland gewild is onder Suid-Afrikanser wat daarheen probeer “vlug”. In 2019 het 9 Suid-Afrikaners aansoek. In totaal het 83 reeds sedert 2010 soontoe probeer “vlug” Almal het misluk.
Vlugtelinge wat ingevolge die program vir hervestiging oorweeg word, moet erken word as vlugtelinge wat deur mandaat verleen word en deur die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir vlugtelinge na Nieu-Seeland verwys word. SA is glo ver van ‘n bronland vir vlugtelinge, eerder ‘n land waarheen vlugtelinge uit buurlande vlug.
Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland
Duisende Suid-Afrikaners het egter suksesvol na Nieu-Seeland getrek. Volgens die data van die Nieu-Seelandse immigrasie is tussen 2010 en 2019 13 540 aansoeke om verblyfreg ontvang, waarvan 12 463 goedgekeur is. Hierdie aansoeke verteenwoordig 34 150 mense, waarvan 31 663 vir inwoning goedgekeur is. In dieselfde tydperk het 17 936 studente toegang tot die land op studentevisums verleen – 2 230 hiervan in 2019.
Nieu-Seeland is gewild onder Suid-Afrikaners omdat dit veilig, kindervriendelik is en sterk werksgeleenthede het. Die huidige werkloosheidsyfer is slegs 4,3%.



