NewsNews

Bloeding op die brein na bakkie ongeluk

VEREENIGING. – Saterdag, 25 Januarie se vroegoggend reën was vir baie ‘n koel lafenis, maar dit het ook sy tol geëis.

Die bakkie het neus eerste in ‘n sloot tot stilstand gekom. Foto’s: Verskaf.

Net na 07:30 het Yolandi Vermeulen se Chev-bakkie naby die Arcon Heightswoonstelle gegly en deur ‘n heining gebars, voordat dit neus eerste in ‘n sloot tot stilstand gekom het. Geskokte omstanders was verlig toe sy lewend uit die voertuig gehaal is. Haar man, mnr. Bazel Vermeulen van Motor Medix, was ook vinnig op die toneel en het haar eers in sy bakkie gelaai voordat sy per ambulans hospitaal toe geneem is.
Daar is eers gedink dat haar beserings minder ernstig van aard is, en sy is ontslaan. By die huis het sy egter baie pyn ervaar en is sy in die hospitaal
opgeneem vir toetse en observasie. Daar is toe gevind dat sy bloeding op die brein het, asook ‘n gebarste oor en verskeie kneusplekke.
Yolandi kan nie onthou wat gebeur het nie, maar Bazel sê die vermoede bestaan dat sy dalk te hard rem getrap het op die nat pad en die bakkie toe gegly het. Die bakkie is onherstelbaar beskadig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button