Local newsNewsNews

Petrolkoppe kan nader staan

Motorsportgeesdriftiges kan gereed maak vir drie dae se adrenalienbelaaide aksie wanneer die Emerald Speed Fest van 28 Februarie tot 1 Maart sommer hier in ons agterplaas aangebied word.

VANDERBIJLPARK. – Motorsportgeesdriftiges kan gereed maak vir drie dae se adrenalienbelaaide aksie wanneer die Emerald Speed Fest van 28 Februarie tot 1 Maart sommer hier in ons agterplaas aangebied word.

Dié sporthoogtepunt sou reeds verlede jaar plaasgevind het, maar is tot 2020 uitgestel en nou het die tyd uiteindelik aangebreek. Die wedren word deur Messe Frankfurt Suid-Afrika aangebied en R500 000 se pryse en R50 000 vir die wenner van die “Master of the Mile” is op die spel.

Daar sal 120 deelnemers in hulle super-wedrenmotors in aksie wees en dit beteken net een ding … moenie hierdie aksie misloop nie. Die wedrenne sal op ‘n 1,6km teerbaan plaasvind. Daar sal 12 klasse wees waarin meegeding sal word en besoekers sal die aksie van naby kan aanskou. Die “pit” areas sal ook oop wees vir toeskouers.

Behalwe vir die al die aksie op die baan sal daar ook baie vermaak langs die baan wees, soos ‘n motorskou en vermaak vir die hele gesin. Daar is verskeie kaartjies vir die naweek beskikbaar wat begin van R20 vir kinders onder 12 tot R250 vir al drie dae.

Besoek gerus https://tickets.computicket.com/event/emerald_speed_fest/7098320/7098346/13628.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button