

Ek het hierdie skokkende foto’s geneem wat ‘n duidelike bewys is van hoe vuil die Vaal lug is. Ek woon in ‘n estate langs die Vaalrivier en hoewel ek gewoond is aan stof by my huis, was ek geskok oor die swart neerslag wat verlede week my huis bedek het. Ons moet hierdie vuillug inasem. Selfs die blomme in my tuin se skoonheid is deur die swart neerslag vernietig.


