NewsNews

Verval van Olimpiese Swembad is skokkend

VEREENIGING. - Die eens pragtige Olimpiese Swembad in Duncanville, waar talle inwoners leer swem en die tyd van hul jongmenslewens geniet het, is nou ‘n vervalle terrein wat sekerlik nooit weer herstel sal kan word nie - in elk geval nie deur die huidige munisipaliteit nie.

Hoewel die meeste Vaaldriehoekers, en veral inwoners van Vereeniging, vir jare reeds bewus is van hoe die swembad agteruitgegaan het, het nuwe foto’s verlede week weer eens skokgolwe veroorsaak. Die trotse trane van herinnering is nou
vervang met die hartseer trane van verlies. Die foto’s is onlangs op die nuutgestigte Facebooklbad, Memories of V-town gedeel. Die reaksie wat die skokfoto’s uitgelok het spreek boekdele. Hier is ‘n paar boodskappe wat gedeel is: Carol Bezuidenhout – Die ou Olimpiese Swembad waar beide my kinders geleer swem het.

Die bossies staan hoog en al wat oorgebly het, is die herinneringe.

Charmaine het by Bill life saving en gala-swem gedoen, maar Anne-Marie het by Sue geleer swem toe sy drie jaar oud was. Sy het van die duikplank af gespring en almal het hulle verkyk aan die klein mensie wat in die duikgat swem!
Jason Dimas – Another stunning job by the council to keep things running and functional. Pathetic, the ANC’s destroying South Africa, not making it better!
Marius Kruger Richard – Kan nie glo dit lyk so daar nie. Was eens op ‘n tyd die mooiste swembad. Dit is oorkant Krugerlaanskool. Ek het daar skoolgegaan en het in die week en naweke daar gaan swem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button