Local newsNewsNews
Begaafde Ruhan kom by Barnyard Vereeniging sing
VEREENIGING. - Ruhan du Toit, die voormallige voorsanger van Touch of Class, tree op 29 Februarie om 20:00 by Barnyard Vereeniging op.

Ruhan is veral bekend vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence en sy onlangse Afrikaanse treffer As jy dink jy weet.
Hy is geen nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf nie en sy unieke vieroktaafstem, vermoë om in ses tale te sing en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, is meer as genoeg rede om nie hierdie vertoning mis te loop nie.
Kontak Barnyard Vereeniging op plek te bespreek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



