NewsNews

Onderneming het glo te veel swart vroue in diens

Kan jy nou meer! ‘n Sjokoladefabriek in Kempton Park is deur die Departement van Arbeid ingelig dat hy te veel swart vroue in diens het.

Die eienaar van die onderneming, mnr. Kees Beyers,  is met rede stomgelsaan gelaat nadat die inspekteur van die Departement van Arbeid, Thabo Masenya, aan hom gesê het dat hy te veel swart vroue in diens het. Dié sjokolade-familieonderneming is reeds meer as 30 jaar gelede in Suid-Afrika begin.

Daar is sowat 400 werkers en driekwart van hulle is glo swart vroue. ‘n Mens sou dink dat die onderneming eerder ‘n pluimpie hiervoor verdien. Die arbeidsinspekteur Thabo Masenya het die onderneming glo gewaarsku dat die onderneming slegs 36, 2% swart vroue in sy diens kan neem, want dit is glo die rassedemografie van Gauteng.

Lize Arnott, die menslikehulpbronbestuurder van Beyers Sjokolade, het aan Rapport verduidelik dat die aard van die werk van so ‘n aard is, dat vroue beter daaraan toegestaan is. Die werk behels fyn werk soos die bind van linte en mans doen nie soveel aansoek vir werk daar as vroue nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button