
“Wanneer mense in die gemeenskap saamwerk, kan daar ‘n groot verskil wees. Sjoe, dink net wat kan ons saam vermag in die onderskeie woongebiede as inwoners net ‘n paar ure op ‘n Saterdag opoffer,” se Natasha Smit, wat verlede Vrydag self tyd opgeoffer het.
Hoe ander inwoners reageer:
Riaan Pretorius – Dis amazing. Al wat sleg is, is dat jy steeds jou erfbelasting ens. betaal, maar die werk word nie gedoen nie. Wie betaal ‘n huishoudster maar maak dan maar self die huis skoon?
Dit is wat my kwaad maak. Ons betaal maar kry nie waarvoor ons betaal nie, sodat diegene in beheer mooi karre kan ry en bonusse kan kry.
Sandra Combrinck – Ek stem saam, maar ons maak ook skoon, ry ons vuilgoed self gate toe, sny die gras agter ons huis in die groenstrook en langs ons huis tussen ons en ons buurman, maar steeds dump hulle afgeslagte skaap- en beesvelle ens en die stroke bly net een groot gemors.
Anita Hanekom – Fantasties. Ons het so ‘n paar jaar gelede ‘n skoonmaak-aksie in Sasolburg gehad. Ek dink daar het uiteindelik so ses mense opgedaag – die
res se rug was seer of hul het tandpyn gehad. Miskien moet ons na al die langnaweke weer so iets probeer. Christo Coetzee?
Judy van Huyssteen – Trots op julle.
* MooiVaal Media het verlede jaar met ‘n gemeenskapsprojek afgeskop om inwoners aan te moedig om nie net te sit en kyk hoe die Vaal agteruitgaan nie, maar om self in te spring en ‘n verskil te maak. Verskeie plaaslike besighede het reeds ‘n groot bydrae gelewer om die Vaaldriehoek van totale verval te red.
Hulle het ‘n groot impak gemaak deur hul perseel, die straat voor hul besighede en selfs die middelmannetjie op te knap. Dit het alles van grassny tot die opvul van slaggate ingesluit. Daar is ook huiseienaars wat ingespring het en veral in Vanderbijlpark die middelmannetjies voor hul eiendom mooigemaak het.
Indien jou besigheid ‘n positiewe bydrae gemaak het, neem ‘n foto en stuur die inligting aan elsje.vermeulen@media24.com of kontak Elsje by
(016) 950 7051.



