NewsNews

Memories of V-town bars uit sy nate

VEREENIGING. - “Ek het nooit gedink die groep sou so groot word nie. Ek het oorspronklik net ‘n paar vriende genooi en binne ‘n paar dae was daar ‘n paar duisend lede.”

Dit is hoe Lourens Smith, die man wat die Facebookblad Memories of V-town, op 1 Februarie vanjaar begin het, dié suksesverhaal beskryf. “Ek is bly ek het die groep begin. Dit is lekker om te sien hoeveel mense terugdink en die mooi nog kan onthou. Dit is nog lekkerder as hulle dit met mekaar deel,” sê Lourens.

Lourens Smith wat die Facebookblad, Memories of V-town begin het.

“Ons was in verskillende skole en daar het ons great memories opgebou. Watter onderwyser het die meeste pak gegee… wie het watter kattekwaad aangevang …. wie was jou crush op skool.
“Ek besef net weer, mense skep hulle eie memories, maar vergeet daarvan. Die lewe raak baie keer so negatief dat ons negatief begin leef. Dit is nodig dat ons weer die positiewe raaksien en as daar nie is nie, moet ons die positiwiteit skep.
“Elkeen van ons kan ‘n verskil maak in hierdie dorp. Ons moet net hande vat en saamstaan en besef opgee is nie ‘n opsie nie,” verduidelik Lourens.
Hy word op die Facebookblad bygestaan deur Tersia Venter (voorheen van Proudly Three Rivers) en Andriette Gore (sy veg tans ‘n stryd teen kanker) op die blad.

Voor daar ‘n Ster Kinekor was, was daar die Odeon in Voortrekkerstraat in Vereeniging. Hierdie onderwerp was reeds verskeie kere onder bespreking
op die Facebookgroep.

Dinsdagoggend het die nuutste statistieke gewys dat die groep nou 12 200 lede sterk is. Uit hierdie lede is sowat 62% vroue en sowat 38% mans.
Die groep kry sy groot steun uit Vereeniging self (sowat 4 300 lede), gevolg met sterk steun uit onder meer Vanderbijlpark (1 100 lede), Meyerton (583 lede), Pretoria (555 lede), Kaapstad (476) en Johannesburg (192 lede) om maar net ‘n paar dorpe te noem.
Die meerderheid lede, sowat 10 700 is Suid-Afrikaanse landsburgers, maar daar is ook heelwat belangstelling van buite ons landsgrense. Die groep spog met sowat 296 lede vanuit die Verenigde Koninkryk, sowat 274 lede vanuit Australië, sowat 136 lede vanuit Nieu-Seeland, sowat 88 lede vanuit Amerika en sowat 35 lede vanuit Kanada, om maar net die grootste groep te deel. Daar is selfs lede vanuit Portugal, Nederland, Duitsland en Ierland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button