LifestyleLocal newsNews

Haal die ‘skrik’ uit jou skrikkeljaar met dié slim plan!

Met www.sleepwaparte.co.za bly jy aan Vroutjie se vriendelike kant

Die vrieskas is vol na laasnaweek se jag en die biltong hang ook mooi. Dis weer Saterdagoggend en vroulief het jou op sleeptou in die winkels… “nog net twee stoppe, my Skat, ek belowe”.

En al waaraan jy kan dink is jou sleepwa se onderdelelysie by die ysterwarewinkel. Maar dis Februarie, die maand van die liefde, en boonop skrikkeljaar! Jy wil aan Vroutjie se vriendelike kant bly, maar jou gedagtes bly dwaal na daardie onderdelelysie en die tyd stap aan. Laasweek was die sleepwa swaar gelaai met almal se bokke en die plaaspad was rof. Die klippe het die verf getimmer en die remkabel moet sommer gestel word ook. Die linkerskokbreker moet rérig nou vervang word. En die nommerplaatliggie is alweer stukkend…

Ai, dis al amper middag. “Liefie, my spiermasjien, kom ons eet sommer gou ietsie hier, ag toe?”

Jy voel gevlei, maar jy onderduk ‘n sug. Wat kan ‘n man doen om die vrede te bewaar?

Besoek Sleepwaparte.co.za.Aanlynwinkel. Kliek en koop. Afgelewer op jou voorstoep. Dis lankal nie meer nodig vir jou om rond te ry agter sleepwa-onderdele aan nie, meneer. Met meer as 450 sleepwa-onderdele beskikbaar van voorste name in die sleepwabedryf in Suid-Afrika, is jou inkopielysie net ‘n kliek weg.

Is jy onseker oor die skokbreker se presiese kodes? Stuur ‘n navraag direk van die webtuiste af. Verafgeleë in die Noord-Kaap se verste hoekie? Aflewering word gereël – www.sleepwaparte.co.za

Waarvoor wag jy, meneer? Vroulief kan nog so ‘n paar draaie loop terwyl jy aan jou koue biertjie sit en teug en jou inkopiemandjie volmaak hier vanaf jou foon se skermpie. Noudat jy immers mooi daaraan dink, die bande moet ook eintlik binnekort vervang word. En op die stofpaaie werk die nuwe LED-ligte darem ook baie beter. Nog ‘n kliek.

Verras nou sommer vir vroulief met daai fliek en springmielies waaroor sy so verlangend geskimp het. En gee jouself ‘n klop op die skouer, jou slim Jan!

* Gryp jou foon, besoek www.sleepwaparte.co.za en voel die gemoedsrus: “You will never be alone on the side of the road”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button