NewsNews

AfriForum-takke dra by tot Blikkies vir Boere

Die AfriForum-takke in Heilbron, Parys, Potchefstroom, Sasolburg en Wolmaransstad het blikkieskos ten bate van die Hervormde Kerk in Parys se jaarlikse Blikkiesfees ingesamel en dit op 29 Februarie na die fees geneem.

Die kerk het vanjaar besluit om die blikkies wat ingesamel word, aan boere in nood te stuur.
Die Sasolburg-tak het met meer as 2 000 blikkies, die grootste aantal, ingesamel. Die AfriForum-takke alleen het boonop meer blikkies ingesamel as wat in 2019 met die hele Blikkiesfees ingesamel is. Ten spyte van die reën is die fees goed bygewoon en die hoogtepunt van die dag was Adam Tas se optrede wat deur AfriForum geborg is.
“Dit was net weer eens duidelik dat ons mense nog vir mekaar omgee. Dit sou heerlik wees as ons die milde reën wat feitlik die heeldag geval het, ook kon blik en na die droë dele kon stuur.
Ons het egter gedoen wat ons kon en ek is baie dankbaar teenoor my takke wat hierdie groot hoeveelheid kos ingesamel het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button