
‘n Motorfietsryer van die Wesrand wat sy 2009 BMW S100RR op die internet geadverteer het, is vandag sleg ingeloop deur ‘n voornemende koper. Die skelm het gevra om die bike te toetsbestuur en het sy selfoon en sy lisensie by die verkoper gelos, wat hom toe vertrou het om alleen te gaan ry. Die skelm het nooit weer teruggekom nie en is steeds skoonveld saam met die motorfiets. Die polisie het aan die verkoper bevestig dat die lisensie nagemaak en die man se identiteit vals is.
Die skelm is moontlik ook in die Vaaldriehoek aktief. Wees dus op die uitkyk vir die man op die foto en moenie geflous word nie!
Enigiemand wat die skelm se ware identiteit ken, of weet waar die motorfiets is, word versoek om Jean te bel by 082 851 0946.



