HealthLifestyleLocal newsNationalNewsBreaking News

President Cyril Ramaphosa se Toespraak oor die Covid 19 Virus Pandemie – 15 Maart 2020

Hier is die belangrikste punte uit Pres Cyril Ramaphosa se toespraak:

Hier is die belangrikste punte uit Pres Cyril Ramaphosa se toespraak:

Die regering het die situasie as nasionale ramp verklaar. Volgens Ramaphosa is daar nou 61 gevalle van Covid-19 positiewe mense in Suid-Afrika.
Ramaphosa sê die regering besef dat die ingrypende maatreëls wat nou geneem word, ‘n groot impak en ontwrigting op sosiale en ekonomiese gebied in Suid-Afrika gaan hê, maar dat dit noodsaaklik is om die verspreiding van die virus te beperk.
Die regering het met onmiddellike effek uitgebreide reisbeperkings aangekondig om die verspreiding van die Corona-virus teen te werk.
Reise na die volgende hoë-risiko lande word vanaf 18 Maart opgeskort: Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en China. Visums wat reeds aan reisigers na dié lande uitgereik is, word teruggetrek. Besoeke vanaf hierdie lande word ook vanaf 18 Maart verbied.
Skole word gesluit vanaf 18 Maart en sal eers weer na die April-Paasnaweek heropen.

Alle byeenkomste van 100 mense en meer word verbied. Die regering se beplande byeenkomste waaraan groot getalle mense sou deelneem, (soos “Human Rights Celebrations”) word afgestel.

SA het tans 72 grensposte (via see, land en lughawens). Twee van SA se agt hawens word gesluit en 35 van SA se 53 grensposte op land word ook gesluit. Mense wat Suid-Afrika per lug uit hoë-risiko lande binnekom, word met onmiddellike effek aan baie streng “screening” by OR Tambo-lughawe, King Sjaka in KwaZulu/Natal en die Kaapstad-lughawe onderwerp.

Ramaphosa versoek alle burgers om streng higiëne te handhaaf en hul hande gereeld vir minstens 20 sekondes met seep en water te was. Mense word versoek om nie hand te skud nie maar liewer met die elmboog te groet. Die regering loods ‘n groot bewusmakingsveldtog wat mense onder andere daarop sal wys om hul hand voor hul mond te hou as hulle nies.

Ramaphosa doen ‘n beroep op die sakegemeenskap, handel, mynbou, landbou, banke, winkelsentrums en vermaaklikheidsplekke om hul higiëne-kontrole op te skerp. Isolasie-gebiede word in elke Metro in die land geïdentifiseer en hospitale se kapasiteit word verhoog.

Die president sê Suid-Afrika, in samewerking met vennote uit die privaatsektor en ondersteuning van die Wêreld Gesondheidsorganisasie, beskik oor die vermoë om die pandemie te hanteer, en versoek alle burgers om saam te staan en die regering te help om die verspreiding van die virus te beperk.

Hy sê vrees en onkunde oor die siekte is ‘n groot bedreiging. Bly dus goed ingelig en moenie valsnuus of ombevestigde “feite” oor die siekte versprei nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button