NewsNews

Inwoners maak paaie toe weens kragsituasie

VEREENIGING. - Inwoners van Peacehaven het Woensdagaand Generaal Hertzogweg (naby Hotel Maximes) met rommel, takke en brandende bande versper uit pure frustrasie oor kragonderbrekings wat nou al dae lank duur.

Vereeniging se middestad, Peacehaven en Drie Riviere verduur sedert die naweek kragonderbrekings nadat een van twee transformators wat die buurte van krag voorsien glo geblaas het.

Raadslede van die Emfuleni Munisipaliteit het vroeër verduidelik dat die buurte nou moet beurte maak om krag te kry aangesien daar net een werkende transformator is om al die buurte van krag te voorsien.

Inwoners van sekere gedeeltes van Peacehaven vertel egter dat hulle die afgelope vier dae sonder enige krag sit met geen verligting nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button