Local newsNewsNews
Seuns steel die kollig tydens Vanderbijl Warrior Race
VANDERBIJLPARK. - Die gewilde Warrior Race is onlangs by die Emerald Resort & Casino aangebied en soos gewoonlik was daar hope aksie wat deur die fotograwe vasgevang is.
Maar vanjaar was daar so ietsie ekstra by! By een van die hindernisse, die sogenaamde Modder Monster, was daar ‘n paar seuns wat net langs die baan in die modder baljaar het tot groot genot van die ywerige fotograwe.
Riley Swanepoel van Lanseria, bygestaan deur drie ander gewillige maats, was die mannetjies wat die kollig gesteel het. Daar kan nie met sekerheid gesê word of hul ouers bewus was van hul modderpret voor dit in elk geval heeltemal te laat was nie. Al wat wel met sekerheid gesê kan word is dat hierdie seuns hulself baie geniet het – boys will be boys.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



