NewsNews

Tydelike water tekort in gedeelte van CW1

‘n Gebarste waterpyp in Hadfieldstraat, CW1 het die inwoners vanoggend (26 Maart 2020) skielik sonder water gelaat.

Die werkers het almal maskers gedra en instemmend geknik om so van ver af vir my inligting te geeGelukkig was ‘n span werkers gou op die toneel om die gat reg te maak. Water het oor die pad gelê, maar het nie in die straat af gestroom nie. Die werkers, almal met maskers ter beskerming teen die Koronavirus, was te besig om enige verdere detail te verskaf, maar het gesê hul reken die water behoort weer so by 10:30 se kant aan te wees. Ons bedank hul vir hul flinke en vinnige diens. Die rusbank wat op die foto gesien kan word, was blykbaar op die toneel alvorens die werkers opgedaag het. Ek wil net byvoeg dat hierdie foto’s op ‘n afstand geneem is en dat die paar vrae en antwoorde baie hard oor en weer aan mekaar meegedeel is… ten eerste sodat genoegsame afstand gehou kon word en ten tweede omdat die masjien baie geraas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button