Bennie en Wilmarie Gordon is op Nuwejaarsdag deur hul dogtertjie, Leilah, verras toe sy die aand 23:30 deur middel van ‘n noodkeisersnee by die Cormed private kliniek in Vanderbijlpark in die lewe gebring is. Sy is die egpaar se derde kind. Die Gordon-gesin is van Sasolburg. Foto: Retha FitchatKlein Rohan van Niekerk slaap heerlik, onbewus daarvan dat hy op sy eerste lewensdag vir ‘n koerantfoto moet poseer! Rohan is om 12:16 op Nuwejaarsdag in Mediclinic Vereeniging gebore. Hy is die tweede seun van Hansie en Heleen van Niekerk van Sasolburg. Foto: Retha Fitchat