
Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nog nie die erns van die pandemie verstaan nie. Mens kan net wonder hoeveel sal eers moet sterf voordat Covid-19 se gevaar besef word en die vasgestelde reëls en regulasies gevolg sal word.
Suid-Afrika se nuuste getal Covid-19 gevalle is 1 170 waarvan 7 baie ernstig is. Sover het die virus een pasiënt se lewe geëis en 35 het herstel. Daar was voorheen gedink dat die virus reeds twee lewens geëis het, maar daar is later gevind dat die tweede pasiënte negatief getoets het vir Covid-19. (Hierdie syfers mag deur die loop van die dag verander). Daar is nog 1 138 aktiewe gevalle.
Daar is tans regoor die wêreld 597 458 gevalle, wat 27 370 sterftes insluit en 133 373 wat herstel het. Hierdie syfes sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee.
Covid-19 syfers regoor die wêreld (die syfers sal deur die loop van die dag verander):
Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 104 256, wat 1 704 sterftes insluit en 2 525 wat herstel het. Daar is nog 100 027 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 86 498 gevalle, wat 9 134 sterftes insluit en 10 950 wat herstel het. Daar is nog 66 414 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 81 394 gevalle, wat 3 295 sterftes insluit en 74 971 wat herstel het. Daar is tans nog 3 128 aktiewe gevalle.
In Spanje is daar nou 65 719 gevalle, wat 5 138 sterftes insluit en 9 357 wat herstel het. Daar is tans nog 51 224 aktiewe gevalle.
In Duitsland is daar nou 50 871 gevalle, wat 351 sterftes insluit en 6 658 wat hestel het. Daar is nog 43 862 aktiewe gevalle.



