Tog, is daar steeds inspirerende stories, goeie nuus en mooi dinge in hierdie wêreld van ons.
Daar is die storie van die Bryn Celyn Care Home in Wallis waar die personeel ‘n prettige speletjie uitgedink het om die bejaardes mee besig te hou. ‘n Mens kan nie anders as om te glimlag as jy sien, en hoor, hoe geniet almal dit om “Hungry Hippos” in rolstoele te speel nie. Kyk gerus by
https://www.facebook.com/BrynCelynCareHome/videos/204605300797071/?t=20
Dan is daar die besonderse video van die Elizabeth House in Benfleet, Essex in Engeland. Wees gewaarsku, hierdie een kan trane tot gevolg hê… Die bejaardes met demensie mag nie op die stadium besoekers ontvang nie. Hulle is in self-isolasie weens die Koronavirus. Van hul familie het buite die glasdeure gaan staan en die bejaardes het, almal met ‘n bossie blomme in die hand, vir hul familie “Que Sera Sera” gesing. Kyk hier daarna
Volg ook gerus Suid-Afrika se eie sangers en musiek kunstenaars op sosiale media. Verskeie het nou al baie mooi musiekvideos gedeel. Saterdagaand het Mathys Roets sy weergawe van die immergewilde “I’m your man” sommer so lekker informeel kitaar in die hand gedeel.
So pas verneem… ballet aanhangers kan nou vir die eerste keer in die geskiedenis van die Bolshoi Teater in Moskou se klassieke ballet opvoerings gratis op YouTube kyk. Swan lake en The Sleeping Beuty is alreeds beskikbaar.
https://youtu.be/cLWK53UuZgM?t=132



