Volgens News24 het Serfontein, en ander oud-Springbokke almal dieselfde gholfdag bygewoon in Jan Kempdorp. Danie Gerber, Burger Geldenhuys, Colin Beck en Robbie Blair het ook reeds positief getoets.Divan het aan die Hoërskool Vanderbijlpark gematrikuleer voordat hy medies aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer het. Hy het as skrumhalf kookwater rugby gespeel eers vir die WP en tussen 1980 en 1984 vir die Springbokke. In 1984 het hy die 39ste Springbokkaptein geword toe hy die Springbokke in twee toetse teen ‘n span van Suid-Amerika aangevoer het.Ons bid hul almal ‘n spoedige herstel toe.



