NewsNews

1 April: SA Covid-19 sterftes begin toeneem

Suid-Afrika begin stadig maar seker die ware realiteit van Covid-19 besef met die huidige positiewe gevalle wat al hoe meer word (tans is daar 1 353 - die vorige aantal was 1 326). Intussen het die virus reeds vyf lewens geëis. Daar is nog 1 317 aktiewe gevalle, waarvan sewe kritiek is. Tot dusver het 31 lyers reeds herstel. (Al hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Daar is tans regoor die wêreld 859 770 gevalle (gister was dit 785 807), wat 42 340 sterftes insluit (gister was dit 37 820). Tot dusver het 178 335 wat herstel het (gister was die aantal 165 659). Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 203 lande gaan gebuk onder die virus.

Covid-19 getalle regoor die wêreld wat ergste gebuk gaan onder Covid-19 (getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 188 592 (vorige getal was 164 253)  wat 4 055 sterftes insluit en 7 251 wat herstel het. Daar is nog  177 286 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  105 792 gevalle (vorige getal 101 739), wat 12 428 sterftes insluit en 15 729 wat herstel het. Daar is nog 77 635 aktiewe gevalle.

In Spanje is daar nou 95 923 (vorige getal 87 956), wat 8 464 sterftes insluit en 19 259 wat herstel het. Daar is tans nog 68 200 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 554 gevalle (vorige getal 81 470),  wat 3 312 sterftes insluit en 76 238 wat herstel het. Daar is tans nog 2 004 aktiewe gevalle.

In Duitsland is daar nou 71 808  (vorige getal 66 885), wat 775 sterftes insluit en 16 100 wat herstel het. Daar is nog 54 933 aktiewe gevalle.

In Frankryk is daar nou  52 128 gevalle (vorige getal 44 495), wat 3 523 sterftes insluit en 9 444 wat herstel het. Daar is nog 39 161 aktiewe gevalle.

In Iran is daar nou 44 904 gevalle, 2 898 sterftes en 14 656 wat herstel het. Daar is nog 27 051 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button