NewsNews

5 April: Covid-19 gevalle word al hoe meer

Daar is nou in Suid-Afirka 1 585 Covid-19 lyers. Dit is 80 gevalle meer as die vorige aantal (1 505). Provinsie-gewys het Gauteng steeds die meeste Covid-19 gevalle (693), gevolg deur die Wes-Kaap (433) en KwaZulu-Natal (232). Die virus het reeds 9 lewens geëis. Daar het wel 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 481 aktiewe gevalle.  (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 203 143 (gister was dit 1 118 304) en het reeds 64 747 lewens geëis (gister was dit 59 221). Daar het 246 760 herstel (gister was die aantal 229 245), maar dit maak ongelukkig nie die impak wat die virus op die wêreld het beter nie. Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 206 lande gaan gebuk onder die virus (Vir die afgelope week kom daar elke dag ‘n land by).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 311 637 (vorige getal was 277 522)  wat 8 454 sterftes insluit en 14 825 wat herstel het. Daar is nog  288 358 aktiewe gevalle.

Spanje het nou by Italië verbygesteek met 126 168 gevalle (vorige getal was 119 1995), wat 11 947 sterftes insluit en 34 219  wat herstel het. Daar is tans nog 80 002 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  124 632 gevalle (vorige getal 119 827), wat 15 362 sterftes insluit en 20 996 wat herstel het. Daar is nog 88 274 aktiewe gevalle.

Duitsland het 96 092 gevalle  (vorige getal 91 159), wat 1 444 sterftes insluit en 26 400 wat herstel het. Daar is nog 68 248 aktiewe gevalle.

Frankryk het ook meer as China met 89 953 gevalle (vorige getal 82 165), wat 7 560 sterftes insluit en 15 438 wat herstel het. Daar is nog 66 955 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 669 gevalle (vorige getal 81 639),  wat 3 329 sterftes insluit en 76 964 wat herstel het. Daar is tans nog 1 376 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is).

In Iran is daar nou 55 743 gevalle (vorige getal 53 183), wat 3 452 sterftes insluit en 19 736 wat herstel het. Daar is nog 32 555 aktiewe gevalle.

Die Verenigde Koninkryk het nou ook 40 000 kerf oorgesteek met 41 903 gevalle. Hulle het reeds 4 313 aan die dood afgestaan, terwyl 135 herstel het. Daar is nog 37 455 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button