NewsNews

6 April: Covid-19 eis nog twee lewens in SA

Dit is hartseer om te  berig dat daar in Suid-Afrika nou 11 sterftes weens Covid-19 is. Albei die laaste gevalle was bejaardes in hul tagtigs (een man en een vrou).

Daar is nou in Suid-Afrika 1 655 Covid-19 lyers. Dit is 70 gevalle meer as die vorige aantal (1 585).  Daar het intussen 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 549 aktiewe gevalle.  (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 274 904 (gister was dit 1 203 143) en het reeds 69 496 lewens geëis (gister was dit 64 747). Daar het 265 863 herstel (gister was die aantal 229 760), maar dit maak ongelukkig nie die impak wat die virus op die wêreld het beter nie. Hierdie getalle sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 208 lande gaan gebuk onder die virus (twee nuwe lande het bygekom op die lys).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 336 830 (vorige getal was 311 637)  wat 9 6 18 sterftes insluit en 17 977 wat herstel het. Daar is nog  309 235 aktiewe gevalle.

Spanje het nou met 131 646 gevalle (vorige getal was 126 168), wat 12 641 sterftes insluit en 38 080 wat herstel het. Daar is tans nog 80 925 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  128 948 gevalle (vorige getal 124 632), en die hoogste sterftesyfer van 15 887 en 21 815 wat herstel het. Daar is nog 91 246 aktiewe gevalle.

Duitsland het 100 123 gevalle  (vorige getal 96 092), wat 1 584 sterftes insluit en 28 700 wat herstel het. Daar is nog 69 839 aktiewe gevalle.

Frankryk het nou 92 839 gevalle (vorige getal 89 953), wat 8 078 sterftes insluit en 16 183 wat herstel het. Daar is nog 68 578 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 708 gevalle (vorige getal 81 639),  wat 3 331 sterftes insluit en 77 078 wat herstel het. Daar is tans nog 1 299 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van 1 376).

In Iran is daar nou 58 226 gevalle (vorige getal 55 743), wat 3 603 sterftes insluit en 22 011 wat herstel het. Daar is nog 32 612 aktiewe gevalle.

In die Verenigde Koninkryk is daar 47 807 gevalle (vorige getal 41 903), wat 4 934 sterftes insluit en 135 herstel het. Daar is nog 42 737 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button