Puik inskrywings by Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging
Die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging het voor die 21-dae inperking sy Maart-klubaand gehou en die maandtema was "Voëls in vlug".
Om voëls in vlug akkuraat in ‘n foto vas te vang is geen maklike taak nie, maar daar was puik foto’s ingeskryf. Renée Storme (Meester Brons-fotograaf) was die wenner met haar “Fish eagle landing” in die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoër graderings), in die junior-afdeling (1 tot 3 Ster) was Susan Jacobs die wenner met “Scatter at waterhole”.
In die aanlynkompetisie waar enige foto ingeskryf kan word, was Haig Fourie (Meester Silwer-fotograaf) die wenner met “Red and blue”.
In die ope-afdeling waar enige foto ingeskryf kan word was Pine Pienaar se “Competitor 42” die wenfofo in die senior-afdeling en Mauritz Faling se “Nou wag ons” die wenfoto in die junior-afdeling.
In die monochroom-afdeling was die klubvoorsitter Koos Fourie se “Liza” die wenfoto in die senior-afdeling en Chris Bester se “Trophy” die wenfoto in die junior-afdeling.
In die kreatiewe-afdeling, waar foto’s gemanipuleer mag word, was Johan Enslin die senior-afdeling met “Corvette dashboard” asook die algehele wenfoto van die aand. In die junior-afdeling wasnuweling Rika Schoeman se “Little planet” die wenfoto.
As gevolg van die inperking wat ons Suid Afrikaanse fotograwe saam met die res van die wêreld tans beleef, sal daar in April geen klubaand wees nie. Fotos kan steeds ingeskryf word en die wenners sal kort na 17 April op die klub se amptelike webwerf https://www.vdbp-photo.org/ verskyn.
Belangstellendes kan Johan Brits kontak by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
Besoek ook ons Facebook blad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en fotos opgelaai word.







