
Sy besigheid, B-Spoilt Hair Studio, is soos al die ander gesluit op die oomblik. Dié dat hy vir ‘n verandering kon sit en TV kyk. Wat hom opgeval het was al die nuusberigte oor mense wat swaar trek in hierdie tyd. Die wat sonder kos is…
Gerrie, Jonine Schekierka en Linda Lindeque het planne beraam en toe drie van hul werkers gebel om ‘n proeflopie van stapel te stuur. Binne ‘n dag het 12 families kos vir ‘n week gehad. “Ek het net vir die drie dames ekstra geld inbetaal, vir onder andere lugtyd en taxigeld, en elkeen gevra om asseblief vir vier gesinne wat naby hul bly kos te gaan koop vir ‘n week.” Die drie was baie positief oor die projek en het, gemasker en met die nodige maatreëls in plek, gaan kos koop vir mense wat regtig nie self by die winkels kan kom nie.

Die proeflopie was ‘n groot sukses en Gerrie het derhalwe op hul besigheids se facebookblad sy kliënte gevra vir donasies met die belofte dat donateurs op hoogte gehou sal word oor hoe en waar hul geld gespandeer word. Hy het geweet sy kliënte sou help, maar het nie heeltemal so ‘n oorweldigende reaksie verwag nie. Binne twee dae was daar R17 000 inbetaal. Sy span werkers, nog ses het gesê hul sal help, staan nou gereed om behoeftiges mense in hul omgewing weekliks van kos te voorsien.
“Daar is so baie mense daar buite sonder kos. ‘n Mens kan ook nie net die strate invaar met ‘n boot vol kos nie, daar is die inperkingsreëls en regulasies om in gedagte te hou. Maar elkeen kan mos maar op sy of haar eie manier probeer en hierdie was ons manier. Ek is regtig trots op my werkers en kliënte” het Gerrie in ‘n telefoniese onderhoud gesê.



