NewsNews

8 April: 1 749 postief getoetste Covid-19 gevalle in SA

Daar is nou 1 749 postief getoetste Covid-19 gevalle in Suid-Afrika (die vorige getal was 1 686). Die virus het ook die 13e lewe in Suid-Afrika geëis. Dit was 'n man wat vir prostaatklierkanker in die Parklands Hospitaal in Kaapstand behandel was. Daar het intussen 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 541 aktiewe gevalle.  (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 432 373 (gister was dit 1 347 689) en het reeds 82 114 lewens geëis (gister was dit 74 783). Daar het 302 292 herstel (gister was die aantal 265 863). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 209 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is sedert gister by die lys gevoeg nie).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 400 540 (vorige getal was 367 650)  wat 12 857 sterftes insluit en 21 711 wat herstel het. Daar is nog  365 972 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 141 942 gevalle (vorige getal was 136 675), wat 14045 sterftes insluit en 43 208 wat herstel het. Daar is tans nog 84 689 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  135 586 gevalle (vorige getal 132 547), en die hoogste sterftesyfer van 17 127. Daar het 24 392  herstel. Daar is nog 94 067 aktiewe gevalle.

Frankryk het nou opgeskuif na die vierde hoogste plek met 109 069 gevalle (vorige getal 98 010), wat 10 328 sterftes insluit en 19 337 wat herstel het. Daar is nog 79 404 aktiewe gevalle.

Duitsland het 107 663 gevalle  (vorige getal 103 3753), wat 2 016 sterftes insluit en 36 981 wat herstel het. Daar is nog 69 566 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 802 gevalle (vorige getal 81 740),  wat 3 333 sterftes insluit en 77 279 wat herstel het. Daar is tans nog 1 190 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van vorige aantal 1 242).

In Iran is daar 62 589 gevalle (vorige getal 60 500), wat 3 872 sterftes insluit en 27 039 wat herstel het. Daar is nog 31 678 aktiewe gevalle.

In die Verenigde Koninkryk is daar 55 242 gevalle (vorige getal 51 608), wat 6 159 sterftes insluit en 135 herstel het. Daar is nog 48 948 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button