Local newsNewsNews
Ontploffing by ArcelorMittal Vanderbijlpark
Die kooksoonde van Mittal (furnaces) het vanaand omstreeks 20:00 ontplof. Die ontploffing is tot in Meyerton en Sasolburg gehoor.

Die kooksoonde is tans af maar word warm gehou met aardgas. Dit wil voorkom of daar ‘n fout begaan is wat tot die ontploffing gelei het.
Daar word ook vermoed dat daar min mense werksaam was weens die inperking, en dat daar dus geen beserings was nie. Maar ER24 staan gereed vir bystand. Die plaaslike polisie is ook op die toneel.
Baie van die kantore se vensters is glo uitmekaar geskiet tydens die ontploffing.
Vaalweekblad probeer meer inligting bekom en te bevestig dat daar nie beserings was nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



