
Die verlengde inperking tot die einde April is noodsaaklik. Die omvang van die Covid-19 bedreiging vir Suid-Afrika en die wêreld en die impak wat dit op die mens het is duidelik. Dit is nou die tyd om kalm te bly, riglyne te volg en gehoor te gee aan die inperking.
Daar is nou 1 934 postief getoetste Covid-19 gevalle in Suid-Afrika, nadat nog 96 mense positief getoets het (die vorige getal was 1 845). Tot dusver is daar regoor die land reeds 68 874 toetse gedoen. Die virus het intussen 18 lewens in Suid-Afrika geëis. Daar het 95 lyers herstel, maar daar is nog 1 821 aktiewe gevalle waarvan 7 kritieke gevalle is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
Onderskeie provinsies:
Gauteng – 795
Wes-Kaap – 515
KwaZulu-Natal – 387
Vrystaat – 93
Oos-Kaap – 61
Limpopo – 22
Mpumalanga – 20
Noordwes – 15
Noord-Kaap – 15
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 605 372 (gister was dit 1 519 084) en het reeds 95 753 lewens geëis (gister was dit 88 528). Daar het 356 952 herstel (gister was die aantal 330 860). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (een bykomende land is sedert gister op die lys gevoeg).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het tans die meeste Covid-19 gevalle – 468 895 (vorige getal was 435 128), wat 16 697 sterftes insluit en 25 165 wat herstel het. Daar is nog 426 270 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 153 222 gevalle (vorige getal was 148 220), wat 15 447 sterftes insluit en 52 165 wat herstel het. Daar is tans nog 85 610 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 143 626 gevalle (vorige getal 139 422), en die hoogste sterftesyfer van 18 279. Daar het 28 470 herstel. Daar is nog 96 877 aktiewe gevalle.
Duitsland het 118 235 gevalle wat 2 607 sterftes insluit en 52 407 wat herstel het. Daar is nog 63 221 aktiewe gevalle.
Frankryk het 117 749 gevalle (vorige getal 112 950), wat 12 210 sterftes insluit en 23 206 wat herstel het. Daar is nog 82 333 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 81 907 gevalle (vorige getal 81 865), wat 3 336 sterftes insluit en 77 455 wat herstel het. Daar is tans nog 1 116 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van vorige aantal 1 160).
In Iran is daar 66 220 gevalle (vorige getal 64 586), wat 4 110 sterftes insluit en 32 309 wat herstel het. Daar is nog 29 901 aktiewe gevalle.
In die Verenigde Koninkryk is daar 65 077 gevalle (vorige getal 60 773), wat 7 978 sterftes insluit en 135 herstel het. Daar is nog 56 964 aktiewe gevalle.
Turkye het nou ook die 40 000 kerf verbygesteek met 42 282 gevalle. Dit het reeds die lewens van 908 geëis, 2 142 het herstel en daar is nog 39 232 aktiewe gevalle.



