
Die VF Plus het dit beklemtoon dat sake-eienaars indringend sal moet besin oor die tydperk post Covid-19 wat onafwendbaar die geleentheid skep vir die begin van ‘n nuwe sake- en handelstoekoms in Suid Afrika.
“Dit is nou tyd dat ‘n volhoubare regeringsondersteunde handels- en sakeklimaat geskep word wat toeganklik is vir almal, waar plaaslike kundigheid aangewend en nuwe vaardighede ontwikkel word.
“Plaaslike- en gemeenskapsekonomieë moet ondersteun en ontwikkel word teenoor die sentralistiese en sosialistiese handels- en sake-omgewing wat tot nou toe vaardig was.
Dit is tyd dat ‘n sakeklimaat geskep word sonder belemmering van rassediskriminasie, swak regering, korrupsie en staatskaping. Die regering sal dringende beleidsaanpassings moet maak om die ekonomie te stimuleer, ” sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Handel en Nywerheid.
* Sake-eienaars kan hul insette stuur aan postc19@vfplus.org.za. Meer inligting hieroor kan gevind word by www.vfplus.org.za. Die VF Plus gaan hierdie insette oorhandig aan die minister van handel, nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, as bydrae tot ‘n nuwe en beter sakeklimaat in Suid Afrika.




