12 April: VSA het nou hoogste sterftesyfer
Die Nasionale Gesondheidsdepartement van SA beveel nou weer aan dat gesigmaskers wel gedra moet word, maar dat dit nie as totale beskerming teen die virus beskou moet word nie. Die basiese riglyne moet steeds gevolg word, wat alles van hande was tot sosiale-distansiëring insluit. Mense word ook aanbeveel om gesigmaskers van materiaal te dra. Let wel die masker moet jou mond en neus toemaak, daar moet nie aanhoudend aan die masker gevat word nie en die masker moet ook nie voor jou gesig weggeneem word om met mense te praat nie. Hande moet gewas word voor én na die masker opgesit en afgehaal word.

Suid-Afrika het nou 2 028 postief getoetste Covid-19 gevalle (die vorige getal was 2 003). Tot dusver is daar regoor die land reeds 75 053 toetse gedoen. Die virus het sedert gister se syfers die lewe van ‘n 61-jarige man van die Wes-Kaap geëis wat SA se sterfesyfer nou op 25 te staan bring. Daar het tot dusver 410 lyers het herstel. Daar is nog 1 593 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
Gauteng het steeds die hoogste getal Covid-19 met 813, waarvan meer as die helfte in Johannesburg is.
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 780 909 (gister was dit 1 700 007) en het reeds 108 852 lewens geëis (gister was dit 102 751). Daar het 404 497 herstel (gister was die aantal 376 529). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope twee dae op die lys gevoeg nie).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 533 088 (vorige getal was 502 876), en nou ook die meeste sterftes van 20 580. Daar het tot dusver 30 502 herstel. Daar is nog 482 006 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 163 027 gevalle (vorige getal was 158 273), wat 16 606 sterftes insluit en 59 109 wat herstel het. Daar is tans nog 87 312 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 152 271 gevalle (vorige getal 147 577), en die tweede hoogste sterftesyfer van 19 468. Daar het 32 534 herstel. Daar is nog 100 269 aktiewe gevalle.
Frankryk het 129 654 gevalle (vorige getal 124 869), wat 13 832 sterftes insluit en 26 391 wat herstel het. Daar is nog 89 431 aktiewe gevalle.
Duitsland het 125 452 gevalle (die vorige getal was 122 171), wat 2 871 sterftes insluit en 57 400 wat herstel het. Daar is nog 65 181 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 82 052 gevalle (vorige getal 81 953), wat 3 339 sterftes insluit en 77 575 wat herstel het. Daar is tans nog 1 138 aktiewe gevalle .
In die Verenigde Koninkryk is daar 78 991 gevalle (vorige getal 73 758), wat 9 875 sterftes insluit en 344 wat herstel het. Daar is nog 68 772 aktiewe gevalle.
In Iran is daar 70 029 gevalle (vorige getal 68 192), wat 4 357 sterftes insluit en 41 947 wat herstel het. Daar is nog 23 725 aktiewe gevalle.
Turkye het 52 167 gevalle (vorige getal 47 029), wat 1 101 sterftees insluit en 2 965 het herstel en daar is nog 48 101 aktiewe gevalle.



