Energiedrankies vir sentrum in tyd van nood
RANDVAAL. – Die Vaal Atletiekklub het die naweek ’n karvrag vol sakkies met energiedrankies aan die Zebulun Lifestyle and Skills Center in Randvaal geskenk. Bennie Botha, voorsitter van die Vaal Atletiekklub, het Saterdag saam met Robert McTavish, ’n klublid, die besending van 3 000 sakkies Energade aan Martin Verster van die die Zebulun Lifestyle and …
RANDVAAL. – Die Vaal Atletiekklub het die naweek ’n karvrag vol sakkies met energiedrankies aan die Zebulun Lifestyle and Skills Center in Randvaal geskenk.
Bennie Botha, voorsitter van die Vaal Atletiekklub, het Saterdag saam met Robert McTavish, ’n klublid, die besending van 3 000 sakkies Energade aan Martin Verster van die die Zebulun Lifestyle and Skills Center oorhandig.
Die sentrum wat help hoofsaaklik om gebroke individue met emosionele en gedragsprobleme te rehabiliteer, maar het aan die begin van die staat van inperking talle hawelose mense ingeneem aangesien daar nie elders huisvesting vir hulle beskikbaar was nie.
Volgens pastoor Corrie van Staden, wat gehelp het om haweloses in die Vaaldriehoek na die sentrum te neem, is daar al reeds meer as 55 hawelose mense van die straat af na die sentrum geneem sedert die staat van inperking begin het. Gedurende hul verblyf by die sentrum sal hulle ook rehabilitasieprogramme ondergaan.
Volgens Martin is die haweloses wat ingeneem is van Meyerton, Vereeniging en Vanderbijlpark afkomstig. Hulle hul ouderdomme van 18 en 65.
Volgens pastoor Corrie sal die energiedrankies veral help vir mense wat ontrekkingssimptome ervaar.






