Hy het middel Januarie oorgegaan en op hierdie stadium is daar nog geen sprake van vroeër huis toe kom nie. “Ek geniet die lewe nog hier,” het hy per e-pos laat weet, “maar ons sal maar nog sien.”
Volgens Dirk hanteer Swede die koronavirus pandemie anders as die meeste ander lande. Hy sê daar is nie streng reëls wat bepaal hoe hulle moet optree nie. “Ons skole en universiteite is gesluit, maar anders as dit, is dinge heel normaal. Die regering hier glo dat die beste manier om dit te veg is om alles so normaal as moontlik te hou.” Hy gaan nou aanlyn skool, maar andersins gaan hul lewens maar voort soos gewoonlik.

Van sy avonture wat hy al in Swede beleef het, sluit in om op ‘n gevriesde dam te ysskaats en in daardie selfde dam in die yswater te klim! Al die sneeu in die land is beslis vir hom ‘n hoogtepunt. Hy wil nog graag verder noord reis en die aurora borealis (noorderlig) te sien en meer van die Sami volk te leer. Hy het dit ook geniet om al die pragtige geboue in Stockholm te sien.“Swede is ‘n kultuurryke land met verskeie tradisies van die Sami volk tot by die baie erfenis gebiede vanuit die Viking era.”

Dirk sê Svenska is nogal moeilik om aan te leer, maar dit het gelukkig baie in gemeen met Engels en Afrikaans. Hy hou baie van die Swede en hul houding en uitkyk op die lewe. Die kos in Swede is baie aangenaam met hul baie populere Kötbullar (uitgespreek shot- bo-ler), by ons bekend as frikadelle, en interessante Surströmming (uitgespreek as shoe-stre-ming). Laasgenoemde se direkte vertaling beteken suur vis en dit is wat dit is, ingelegde suur haring.
Hy probeer alles en geniet die meeste dinge. Hy hoop om die stad verder te verken en meer van die kultuur te leer. Naas sy skoolwerk, kry hy ook daagliks tyd om met die hond te gaan stap, by die gemeenskaplike oefen toerusting te gaan oefen en met sy vriende te praat. In die aande speel hy en sy Sweedse gesin bordspeletjies of kyk ‘n fliek.
Het jy geweet? Swede vier hul Nasionale Dag op 6 Junie elke jaar in herinnering aan twee gebeure. Die eerste is toe Gustav Vasa as koning gekies is op 6 Junie 1523 en die ander is toe die land ‘n nuwe grondwet aanvaar het op 6 Junie 1809. Vir meer inlgting oor hierdie land en sy geskiedenis besoek gerus https://sweden.se/.



