14 April: 8 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Daar is tans 8 postief getoetste Covid-19 gevalle in Sedibeng. Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle, waarvan Johannesurg die kern is met 508 gevalle. In Ekurhuleni is daar 141, in Tshwane 101 en aan die Wes Rand 30. Gauteng se sterftesyfers staan op 3.

Suid-Afrika het nou 2 272 postief getoetste Covid-19 gevalle (die vorige getal was 2 173) wat beteken daar is 99 nuwe gevalle . Die virus het reeds 27 lewens geëis, waarvan een geen ander onderliggende siekte of toestand gehad het nie. Mense word dus aangeraai om veilig in hul huise te bly, veral omat die inperking wel sukses behaal in die sin dat dit verspreiding help keer. Tot dusever het 410 lyers herstel. Daar is nog 1 835 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle nader nou ook die 2 miljoen-kerf met 1 925 877 (gister was dit 1 853 610) en het reeds 119 719 lewens geëis (gister was dit 114 271). Daar het 452 333 herstel (gister was die aantal 427 896). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope vier dae op die lys gevoeg nie).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 587 155 (vorige getal was 560 433), en ook die meeste sterftes van 23 644. Daar het tot dusver 36 948 herstel. Daar is nog 526 563 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 170 099 gevalle (vorige getal was 166 831), wat 17 727 sterftes insluit en 64 727 wat herstel het. Daar is tans nog 87 616 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 159 516 gevalle (vorige getal 156 363), en die tweede hoogste sterftesyfer van 20 465. Daar het 35 435 herstel. Daar is nog 103 616 aktiewe gevalle.
Frankryk het 136 779 gevalle (vorige getal 132 591), wat 14 967 sterftes insluit en 27 718 wat herstel het. Daar is nog 94 094 aktiewe gevalle.
Duitsland het 130 072 gevalle (die vorige getal was 127 854), wat 3 194 sterftes insluit en 68 200 wat herstel het. Daar is nog 58 678 aktiewe gevalle.
Die Verenigde Koninkryk het 88 621 gevalle (vorige getal 84 279), wat 11 329 sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal) wat herstel het. Daar is nog 76 948 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 82 249 gevalle (vorige getal 82 160), wat 3 341 sterftes insluit en 77 6738 wat herstel het. Daar is tans nog 1 170 aktiewe gevalle .
In Iran is daar 73 303 gevalle (vorige getal 71 686), wat 4 585 sterftes insluit en 45 983 wat herstel het. Daar is nog 22 735 aktiewe gevalle.
Turkye het 61 049 gevalle (vorige getal 56 956), wat 1 296 sterftes insluit en 3 957 het herstel het. Daar is nog 55 796 aktiewe gevalle.




