Local newsNewsNews
Brand by SE2-substasie in Danie Theronstraat
VANDERBIJLPARK. - Dele van SE2 was net na 07:00 sonder krag ... die rede is toegeskryf aan die substasie op die hoek van Danie Theron- en Rossouwstraat wat glo aan die brand geraak het.
Raadslid Nothnagel het terugvoering gegee dat die brandweer reeds daar was, asook die tegniese span wat die herstelwerk gaan doen. Dit wil voorkom of die “transformer” self nie beskadig is nie, maar die “breakers” het tydens die brand gesmelt en kan nie gediens word nie. Daar word verwag dat die herstelwerk tussen 1 tot 2 dae kan duur.
- Daar word vermoed dat die brand aan die binnekant van die substasie ontstaan het, maar die presiese oorsaak kan nog nie bevestig word nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



