16 April: SA se Covid-19 gevalle en hartseer word meer
Daar is tans 9 positief-getoetste Covid-19 getalle in Sedibeng (Vaaldriehoek). Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word. (Die onderskeie dorpe se gevalle word nie gespesifiseer nie).

Dit is hartseer dat die dodetal en die Covid-19 gevalle in Suid-Afrika aanhou toeneem. Die dodetal staan reeds op 34 en daar is nou 2 506 positiefgetoetste Covid-19 gevalle (die vorige getal was 2 415) wat beteken daar is 91 nuwe gevalle. Tot dusver het 410 lyers herstel. Daar is nog 2 062 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).
Provinsiale Covid-19 gevalle:
Gauteng – 930
Wes-Kaap – 657
KwaZulu Natal – 519
Oos-Kaap – 199
Vrystaat – 97
Limpopo – 25
Noordwes – 23
Mpumalanga – 22
Noord-Kaap – 16
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 18
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle het die 2 miljoen-kerf oorgesteek met 2 084 047 (gister was dit 2 000 765) en het reeds 134 669 lewens geëis (gister was dit 126 776). Daar het 515 109 herstel (gister was die aantal 484 831). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope ses dae op die lys gevoeg nie).
- Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):
Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 644 348 (vorige getal was 614 246), en ook die meeste sterftes van 28 554 (vorige syfer was 26 064). Daar het tot dusver 48 708 herstel. Daar is nog 567 086 aktiewe gevalle.
Spanje het nou 180 659 gevalle (vorige getal was 174 060), wat 18 812 sterftes insluit en 70 853 wat herstel het. Daar is tans nog 90 994 aktiewe gevalle.
In Italië is daar 165 155 gevalle (vorige getal 162 488), en die tweede hoogste sterftesyfer van 21 645. Daar het 38 092 herstel. Daar is nog 105 418 aktiewe gevalle.
Frankryk het 147 863 gevalle (vorige getal 143 303), wat 17 167 sterftes insluit en 30 955 wat herstel het. Daar is nog 99 741 aktiewe gevalle.
Duitsland het 134 753 gevalle (die vorige getal was 132 210), wat 3 804 sterftes insluit en 77 000 wat herstel het. Daar is nog 53 949 aktiewe gevalle.
Die Verenigde Koninkryk het 98 476 gevalle (vorige getal 93 873), wat 12 868 sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal) wat herstel het. Daar is nog 85 264 aktiewe gevalle.
In China is daar tans 82 341 gevalle (vorige getal 82 295), wat 3 342 sterftes insluit en 77 892 wat herstel het. Daar is tans nog 1 107 aktiewe gevalle .
In Iran is daar 76 389 gevalle (vorige getal 74 877), wat 4 777 sterftes insluit en 49 933 wat herstel het. Daar is nog 21 679 aktiewe gevalle.
Turkye het 69 392 gevalle (vorige getal 65 111), wat 1 518 sterftes insluit en 5 674 het herstel het. Daar is nog 62 200 aktiewe gevalle.



