Dr. Kotze pleit… skuldig of onskuldig?
Dr. Deon Kotze het vanoggend in die Vereenigingse streekhof skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag nadat ‘n oordosis narkose aan die tweejarige Jaundré Bennett in 2012 gedurende ‘n mangeloperasie toegedien is. In sy verklaring sê hy dit was sy bedoeling om die halotaan, ‘n middel wat vir narkose gebruik word, van 5% na 2% …
Dr. Deon Kotze het vanoggend in die Vereenigingse streekhof skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag nadat ‘n oordosis narkose aan die tweejarige Jaundré Bennett in 2012 gedurende ‘n mangeloperasie toegedien is.
In sy verklaring sê hy dit was sy bedoeling om die halotaan, ‘n middel wat vir narkose gebruik word, van 5% na 2% te verminder, maar hy het nie. Jaundré is na die herstelkamer geneem waar daar opgemerk is hy haal nie spontaan asem nie. Hulle het met die resussitasie proses begin, maar Jaundré is die volgende oggend oorlede.
Dr. Pieter Bresler het die operasie uitgevoer en volgens dr. Kotze se verklaring was daar geen oormatige bloeding of komplikasies nie. Dr. Bresler is intussen aan kanker oorlede.

Die saak is tot 13 April uitgestel.



