NewsNews

17 April: Covid-19 eis reeds 48 lewens in SA

Die nuutste Covid-19 wat gisteraand bekend gemaak is: Daar is nou 2 605 positiefgetoetste  Covid-19 gevalle in SA (die vorige getal was 2 506) wat beteken daar is 99 nuwe gevalle. Die dodetal het ook opgegaan van 34 na 48. Tot dusver het 903 lyers herstel. Daar is nog 1 654 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. Daar is reeds 95 060 Covid-19 toetse in SA gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfer rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar 9 positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies

Gauteng – 969 (6 sterftes)
Wes-Kaap – 675 (13 sterftes)
KwaZulu Natal – 539 (20 sterftes)
Oos-Kaap – 220 (4 sterftes)
Vrystaat – 98 (4 sterftes)
Limpopo – 26 (1 sterfte)
Noordwes – 24
Mpumalanga – 22
Noord-Kaap – 16
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 16

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 184 562 (gister was dit 2 084 047) en het reeds 146 896 lewens geëis (gister was dit 134 669). Daar het 553 032 herstel (gister was die aantal 515 109). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope sewe dae op die lys gevoeg nie).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 678 210 (vorige getal was 644 348), en ook die meeste sterftes van 34 641 (vorige syfer was 28 554). Daar het tot dusver 57 844 herstel. Daar is nog  585 725 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 180 659 gevalle (vorige getal was 174 060), wat 19 315 sterftes insluit en 74 797 wat herstel het. Daar is tans nog 90 836 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  168 941 gevalle (vorige getal 165 155), en die tweede hoogste sterftesyfer van 22 170. Daar het 40 164  herstel. Daar is nog 106 607 aktiewe gevalle.

Frankryk het 165 027 gevalle (vorige getal 147 863), wat 17 920 sterftes insluit en 32 812 wat herstel het. Daar is nog 114 295 aktiewe gevalle.

Duitsland het 137 698 gevalle (vorige getal 134 753), wat 4 052 sterftes insluit en 81 800 wat herstel het. Daar is nog 51 846 aktiewe gevalle.

Die Verenigde Koninkryk het 103 093 gevalle (vorige getal 98 476), wat 13 729  sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal) wat herstel het. Daar is nog 89 020 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 82 692 gevalle (vorige getal 82 341),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 944 wat herstel het. Daar is tans nog 1 116 aktiewe gevalle .

In Iran is daar 77 995 gevalle (vorige getal 76 389), wat 4 869 sterftes insluit en 52 229 wat herstel het. Daar is nog 20 897 aktiewe gevalle.

Turkye het 74 193 gevalle (vorige getal 69 392), wat 1 543 sterftes insluit en 7 089 het herstel het. Daar is nog 65 461 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button