Local newsNewsNews

Plaaslike DBV het gemeenskap se hulp dringend nodig

Die plaaslike Dierebeskermings Vereniging (DBV) wat oor 'n baie groot gebied werksaam is (Emfuleni, Midvaal en Sasolburg-streek) het dringend die plaaslike gemeenskap se ondersteuning nodig om hul deure oop te hou en hul daaglikste take te kan voortsit.

In die 2019/20 finansiële jaar het die plaaslike DBV tot meer as 11 000 diere se redding gekom. Dit sluit alles van mishandelde diere, diere wat agter gelaat is, plaasdiere en soms wilde diere in.

Die plaaslike DBV kan eenvoudig nie sonder die gemeenskap se bystand en betrokkenheid die finansiële mas opkom nie.

“Ongelukkig het ons sedert die begin van die nasionale inperking baie min donasies vanuit die gemeenskap ontvang. Ons verstaan dat mense onseker van alles is en eers na hul eie behoeftes wil omsien. Maar ongelukkig kan ons net ons deure oophou en tot diere in nood se redding kom indien die gemeenskap ons finansiëel ondersteun,” verduidelik Marlien de Klerk, bestuurder van die plaaslike DBV-takke.

Hulle het dringend ondersteuning nodig en het veral ‘n tekort aan kos en waspoeier. Laasgenoemde is nodig om die diere se truie en komberse gereeld te kan was. “Ons sal enige ondersteuning baie waardeer,” sê Marlien.

Inwoners kan hul bystaan deur ‘n klein donasie te maak: 

Gebruik asb PayFasthttps://bit.ly/2Rx2AiH

of  EFT:

Account name: Vereeniging SPCA
Account type: ABSA Savings Account
Account: 9258578888
Branch: Vereeniging
Branch code: 632005
Reference: Corona & your name and surname

  • Net om so bietjie insig te gee: Behalwe vir hul daaglikse take in woonbuurte, townships en ander diereskuilings in die Vaal, moet die beamptes ook soms ver afstande ry om om ondersoek in te stel. Die DBV-beamptes het onlangs inspeksie by ‘n krokodilplaas in Deneysville gedoen. Die DBV ondersteun glad nie die aanhou van wilde diere nie. “Ons glo wilde diere se belangrikste behoefte is om vry te wees.  Ons gee om vir alle diere,” beklemtoon die DBV.
    Bo en onder: Inspekteur Lucina Visser van die plaaslike DBV tydens die inspeksie by ‘n krokodilplaas in Deneysville.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button