Local newsNewsNews
April 17: Sedibeng het 8 Covid-19 gevalle
Die nuuste amptelike Covid-19 gevalle in Sedibeng en die res van Gauteng is nou vrygestel. Volgens die nuwe syfers is daar nou 8 gevalle in Sedibeng. Daar was tot gister 9, wat dus daarop dui dat een pasiënt intussen herstel het. Die betrokke dorpe van die onderskeie 8 gevalle in Sedibeng is nie bekend gemaak nie.

Daar is in totaal 969 Covid-19 gevalle in Gauteng. Johannesburg is steeds die kern van die meeste gevalle met 575. Daar het reeds 479 Covid-19 in Gauteng herstel, terwyl 6 lewens tot dusver in die provinsie geëis is.
Die ander streke in Gauteng sien so daaruit:
Ekurhuleni – 180
Tshwane – 109
Wes Rand – 35
Nie toegeken aan spesifieke streek – 62
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



