DBV kan sluit weens gebrek aan fondse
VEREENIGING. – Die Vereeniging en Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) kan weens omstandighede genoop word om sy deure te sluit indien die organisasie nie dringend die nodige geldelike steun ontvang nie. Volgens Marlien de Klerk, bestuurder by die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark, sukkel die organisasie om die nodige finansiële steun te kry sedert president Cyril Rampahosa …
VEREENIGING. – Die Vereeniging en Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) kan weens omstandighede genoop word om sy deure te sluit indien die organisasie nie dringend die nodige geldelike steun ontvang nie.
Volgens Marlien de Klerk, bestuurder by die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark, sukkel die organisasie om die nodige finansiële steun te kry sedert president Cyril Rampahosa aan die einde van Maart die nasionale staat van inperking aangekondig het.
“Mense wil in hierdie tyd eerder hul laaste bietjie geld spaar, wat te verstane is aangesien niemand weet wat die toekoms inhou nie.
“Ongelukkig vertrou ons slegs op die ondersteuning van die publiek om ons deure oop te hou.
“Ons kan nie dieremishandeling alleen beveg nie en het die ondersteuning van die publiek nou meer as ooit nodig,” sê sy.
Volgens De Klerk het die DBV die afgelope finansiële jaar meer as 11 000 diere wat mishandel, verwaarloos en aan hul eie genade oorgelaat is, in die omgewing van Emfuleni, Midvaal en Sasolburg gered.
“Dit is ’n enorme gebied vir ’n klein DBV soos die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark om te dek en ons kom tans finansieel nie die mas op nie,” sê sy.
Mense wat die DBV in hierdie tyd van nood kan help word versoek om ’n elektroniese oordrag aan die DBV se bankrekening te maak of via PayFast –
Die bankbesonderhede is:
Rekeninghouer: Vereeniging SPCA
Soort rekening: ABSA Spaarrekening
Rekeningnommer: 9258578888
Tak: Vereeniging
Takkode: 632005
Verwysing: Gebruik die woord “Corona” tesame met jou naam en van.
Die DBV val onder noodsaaklike nooddienste en word toegelaat om in noodgevalle te help gedurende die staat van inperking.
Die DBV se noodnommer wat tydens die staat van inperking geskakel kan word is 083 292 5862.




